Feeds:
Posts
Comments

Beste Hendrik, Eduka en Bestuur,

Dit het ons bykans ‘n week gevat om die toepaslike woorde te ontdek om julle almal te bedank vir die onvergeetlike naweek aan ons geskenk. Ons het werklik elke aand van die afgelope week gesê ons kan nie nalaat om julle skriftelik te bedank vir dit wat ons ervaar het nie.

Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat ons nie woorde het nie, maar weet verseker dit was ‘n ervaring wat ons vir die res van ons lewe sal onthou.

Vanuit die staanspoor van ons aankoms by Bergsig is ons deur Louis, Annie, Phillip, Marie, Werner, Simon en Linda op die hande gedra.  Hulle almal het ons so tuis laat voel en soveel moeite gedoen, iets wat ons nog nie in ons leeftyd ervaar het nie.  Dit mag klink na oordrywing, maar dit is hoe ons dit ervaar het. Ons sal julle almal nooit genoeg kan bedank vir die voorreg om die naweek in so ‘n pragtige opset te kon geniet nie.

Ons was verstom om te kon sien wat julle alreeds by Bergsig ontwikkel het.  Alle besoekers sal met ons moet saamstem dat alles wat daar ontwikkel is, is met deeglike beplanning en passie gedoen. Ons wil vertrou dat elke besoeker wat die voorreg het om Bergsig te besoek die geleentheid sal waardeer.

Die span op Bergsig het ons ingetrek asof ons deel is van die familie.  Ons wil ons innige waardering uitspreek en julle alle voorspoed toewens met die toekomstige planne wat julle vir Bergsig het.

Met liefde en waardering,

Alan & Annatjie Mengel
FULL RANGE EMPLOYERS’ ORGANISATION
(FREO)
“Employing peace of mind”

Keeping the world up to date with whats happening in and around the beautiful Bergsig Eco Estate. 

We will be posting  events, specials, new images, interresting video clips and more here.

Please feel free to leave a comment or contact us for any queries

Thanks

Bergsig Eco Estate

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.